Posts tonen met het label Egon Schiele. Alle posts tonen
Posts tonen met het label Egon Schiele. Alle posts tonen

10-04-2010

.. wat 'n maarskalk se verkyker mag bespied ..




© Egon Schiele


Dit het gebeur : ek sit onder 'n boom / langs 'n rivier / op 'n sonnige oggend. / Dis 'n onbenullige gebeurtenis / wat nie opgeteken sal word in die geskiedenis nie. / Dis nie soos oorloë of verdrae / waarvan oorsake noukeurig ondersoek word, / of merkwaardige tirannemoorde nie. / En tog sit ek langs hierdie rivier, dis 'n feit. / En omdat ek hier is, / moet ek van êrens af gekom het / en voor dit / moet ek in vele plekke verskyn het, / net soos die oorwinnaars van koninkryke / voordat hulle uitgevaar het. / Selfs 'n vlietende oomblik het sy vrugbare verlede, / sy vrydag voor saterdag, / sy mei voor junie. / Sy horisonne is net so werklik / as dié wat 'n maarskalk se verkyker mag bespied. / Hierdie boom is 'n populier met oeroue wortels. / Die rivier is die Raba ; dit het nie gister ontspring nie. / Die pad deur die ruigte / is nie verlede week gebaan nie. / Die wind moes die wolke eers hierheen waai / voordat hy hulle kon wegwaai. / En alhoewel niks gewigtig hier naby gebeur nie, is die wêreld daardeur nie behoeftiger aan besonderhede nie. / Dit is net so begrond, net so noukeurig / as toe nomade dit oorwin het. / Sameswerings is nie al wat in stilte gehul word nie. / Optogte van redes sleep nie slegs agter kronings aan nie. / Herdenkings van revolusies mag aanrol, / maar so ook spoelklippies wat die baai omsirkel. / Die tapisserie van omstandigheid is verwikkeld en dig. / Die mier se soom in die gras. / Die gras gestik in die grond. / Die patroon van 'n golf geborduur deur 'n tak. / So gebeur het net dat ek is en ek kyk. / Bokant my fladder 'n wit skoenlapper deur die lug / met vlerke wat heeltemaal syne is, / en die skaduwee wat deur my hande skeer / is slegs dit, niemand anders s'n nie, net syne. / Wanneer ek sulke dinge sien, is ek nie meer so seker / dat wat belangrik is meer belangrik is as die onbelangrike nie.

(Wislawa Szymborska, Geen titel benodig nie - vertaal deur Henning Pieterse)

24-08-2009

Tote Mutter, mit Kind


© Egon Schiele



In diesen Augen blicken :
die Hauswand mit geschlossenen Farben,
eine tote Stadt und irgendwo
eine tote Mutter

mit Kind. Wo
sind die Bäume mit
erhobenen Armen ? Punkt
und Linie, die mutter

und Kind, nicht
einander umarmend sondern
in verschränkter Stellung liegend
Kaum Jugendstil, das Kind,

das ewiges Kind blickt
mit gespreizten Fingern
Die eine Angst ist
das einzige Licht